Nokia 2-gebruikergids

Skip to main content
All Devices

Nokia 2

Bluetooth

Jy kan draadloos aan ander versoenbare toestelle koppel, bv. fone, rekenaars, oorfone en motorstelle. Jy kan ook jou foto's na versoenbare fone of na jou rekenaar stuur.

Koppel aan 'n Bluetooth-bykomstigheid

Jy kan jou foon aan heelwat nuttige Bluetooth-toestelle koppel. Jy kan byvoorbeeld met draadlose oorfone (wat afsonderlik te koop is) handevry op jou foon praat terwyl jy byvoorbeeld op jou rekenaar werk. Om 'n foon aan 'n Bluetooth-toestel te koppel, word saambinding genoem ("pairing" in Engels).

  1. Tik op Instellings > Bluetooth.
  2. Wissel Bluetooth na Aan.
  3. Maak seker die ander toestel is aangeskakel. Jy sal dalk die saambindproses vanaf die ander toestel moet begin. Lees die ander toestel se gebruikergids vir inligting.
  4. Om jou foon en die toestel te laat saambind, tik op die toestel op die lys van bespeurde Bluetooth-toestelle.
  5. Jy sal dalk 'n wagwoord moet intik. Lees die ander toestel se gebruikergids vir inligting.

Aangesien toestelle wat Bluetooth draadlose tegnologie gebruik, met radiogolwe kommunikeer, hoef hulle nie binne sig van mekaar te wees nie. Bluetooth-toestelle moet egter binne 33 meter (10 voet) van mekaar af wees. Die verbinding kan egter steuring ervaar weens obstruksies soos mure of vanaf ander elektroniese toestelle.

Saamgebinde toestelle kan aan jou foon koppel wanneer Bluetooth aangeskakel is. Ander toestelle kan jou foon slegs bespeur as die Bluetooth-instellingsaansig oop is.

Moenie met 'n onbekende toestel saambind of verbindingsversoeke aanvaar nie. Dit sal help om jou foon teen skadelike inhoud te beskerm.

Ontkoppel 'n saamgebinde Bluetooth-toestel

Wanneer dit nie meer nodig is dat jou foon aan die ander toestel gekoppel moet wees nie, kan jy dit ontkoppel.

  1. Tik op Instellings > Bluetooth.
  2. Tik op die naam van die saamgebinde toestel.
  3. Tik op OK om te bevestig.

Wanneer jy die ander toestel weer aanskakel, maak die verbinding outomaties oop.

Verwyder 'n saambinding

As jy nie meer die toestel het waarmee jy aan jou foon saamgebind het nie, kan jy die saambinding verwyder.

  1. Tik op Instellings > Bluetooth.
  2. Tik op settings langs 'n toestelnaam.
  3. Tik op VERGEET.

Koppel aan jou vriend se foon via Bluetooth

Jy kan Bluetooth gebruik om draadloos met jou vriend se foon te koppel, om foto's te deel, en ander dinge te doen.

  1. Tik op Instellings > Bluetooth.
  2. Maak seker Bluetooth is op beide fone aangeskakel.
  3. Maak seker die fone is sigbaar aan mekaar. Jy moet in jou foon se Bluetooth-instellingsaansig wees om jou foon vir ander fone sigbaar te maak.
  4. Jy kan sien watter Bluetooth-fone binne bereik is. Tik op die foon waaraan jy wil koppel.
  5. As die ander foon 'n wagwoord vereis, voer dit in of aanvaar die wagwoord, en tik op Paar.

Die wagwoord word slegs gebruik wanneer jy vir die eerste keer aan iets koppel.

Stuur jou inhoud via Bluetooth

As jy jou inhoud met 'n vriend wil deel of foto's wat jy geneem het, na hom/haar wil stuur, gebruik Bluetooth om dit na versoenbare toestelle te stuur.

Jy kan meer as een Bluetooth-verbinding op 'n slag gebruik. Jy kan byvoorbeeld terwyl jy Bluetooth-oorfone gebruik, steeds dinge na 'n ander toestel stuur.

  1. Tik op Instellings > Bluetooth.
  2. Wissel Bluetooth na Aan.
  3. Gaan na die inhoud wat jy wil stuur, en tik op share > Bluetooth.
  4. Tik op die toestel waaraan jy wil koppel. Jy kan sien watter Bluetooth-toestelle binne bereik is.
  5. As die ander toestel 'n wagwoord vereis, voer die wagwoord in. Die wagwoord (wat jy kan opmaak) moet op beide toestelle ingevoer word. Op sommige toestelle kan die wagwoord nie verander word nie. Lees die gebruikergids van die ander toestel vir inligting.

Die plek waar die ontvangde lêers gestoor gaan word, hang af van die ander toestel. Lees die ander toestel se gebruikergids vir inligting.

Did you find this helpful?
  • Knoppies en dele
  • Sit SIM- en geheuekaart in of haal dit uit
  • Herlaai jou foon
  • Skakel jou foon aan en stel dit op
  • Dubbel-SIM-instellings
  • Sluit of ontsluit jou foon
  • Gebruik die aanraakskerm
Internet en verbindings
  • Aktiveer Wi-Fi
  • Gebruik ’n selfoondata-verbinding
  • Blaai deur die web
  • Maak 'n verbinding toe
  • Bluetooth
  • VPN

Useful Links

PDFSoftware Updates

Countries and Languages

As we offer product user guides in many languages across different regions, you may be redirected to a Nokia phones web page outside of your selected location.

Countries and Languages

Choose Language

Contact the support team

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Start chat

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Fields marked with an asterisk are mandatory.

Your personal data will be processed according to HMD Global’s Privacy Policy and the HMD Support Supplement.

Email us

Tell us about your problem and we'll get back to you via email.

Contact us

Care centers

Prefer to bring your device in for our experts to have a look at? Find the location of your nearest Nokia & HMD phones, tablets and accessories care center.

Find a care center near you