Nokia 2660 Flip user guide

Skip to main content
All Devices

Nokia 2660 Flip

Sertifiserings informasie

Hierdie mobiele toestel voldoen aan riglyne vir blootstelling aan radiogolwe.

Jou mobiele toestel is 'n radiosender en -ontvanger. Dit is só ontwerp dat dit nie die limiete vir blootstelling aan radiogolwe (radiofrekwensie elektromagnetiese velde) sal oorskry wat deur internasionale riglyne van die onafhanklike wetenskaplike organisasie ICNIRP aanbeveel word nie. Hierdie riglyne bevat aansienlike veiligheidsmarges wat probeer verseker dat alle mense beskerm word ongeag hul ouderdom en gesondheid. Die blootstellingsriglyne is gegrond op die spesifieke absorpsiekoers (SAR), dit is 'n uitdrukking van hoeveel radiofrekwensie (RF) krag na die kop of liggaam oorgedra word wanneer die toestel seine oordra. ICNIRP se SAR-limiet vir mobiele toestelle is 2,0 W/kg gemiddeld oor 10 gram weefsel.

SAR-toetse word uitgevoer terwyl die toestel in posisies gehou word waarin dit gewoonlik gebruik sal word, terwyl dit seine in al sy frekwensiebande teen sy hoogste gesertifiseerde kragvlak oordra.

Hierdie toestel voldoen aan RF-blootstellingsriglyne wanneer dit teen die kop gebruik word of wanneer dit ten minste 1,5 cm (5/8 duim) van die liggaam af geposisioneer word. As jy die toestel in 'n tassie, gordelknip of ander soort houer wat aan jou lyf gedra word, sit, moet dit nie metaal bevat nie en moet dit ten minste die bogenoemde afstand van die liggaam af gehou word.

Om data of boodskappe te stuur, word 'n goeie netwerkverbinding vereis. Dinge kan dalk nie dadelik gestuur word totdat sodanige verbinding beskikbaar is nie. Volg die skeidingsafstand-aanwysings totdat die toestel klaar gestuur het.

Tydens algemene gebruik is die SAR-waardes gewoonlik ver onder die waardes wat hier bo genoem word. Dit is omdat die gebruikskrag van jou selfoon ter wille van stelseldoeltreffendheid en om steuring op die netwerk te minimaliseer, outomaties verminder word wanneer volle krag nie vir die oproep nodig is nie. Hoe laer die kraguitset, hoe laer is die SAR-waarde.

Toestelmodelle kan dalk verskillende weergawes hê en kan dalk meer as een waarde hê. Komponent- en ontwerpveranderinge kan dalk mettertyd voorkom, en sekere veranderings kan dalk ’n uitwerking op die SAR-waardes hê.

Vir meer inligting, gaan na www.sar-tick.com. Let op dat mobiele toestelle dalk data kan oordra selfs al maak jy nie 'n stemoproep nie.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dui huidige wetenskaplike inligting nie daarop dat spesiale voorsorgmaatreëls tydens die gebruik van mobiele toestelle geneem hoef word nie. Indien jy graag jou blootstelling wil verminder, beveel hulle aan dat jy jou gebruik beperk, of 'n handevry-stel gebruik om die toestel ver van jou lyf en kop te hou. Vir meer inligting oor, en verduidelikings van en besprekings oor RF-blootstelling, besoek die WGO se webwerf by www.who.int/health-topics/electromagnetic-fields#tab=tab_1.

Verwys asseblief na www.hmd.com/sar vir die toestel se maksimum SAR-waarde.

Did you find this helpful?
  • Keys and parts
  • Set up and switch on your phone
  • Charge your phone
  • Keypad
Produk- en veiligheidsinligting
  • For your safety
  • Emergency calls
  • Sien om na jou toestel
  • Herwin
  • Deurgehaalde wieldrom-simbool
  • Battery- en laaier-inligting
  • Klein kinders
  • Mediese toestelle
  • Geïmplanteerde mediese toestelle
  • Gehoor
  • Protect your device from harmful content
  • Voertuie
  • Plekke met potensiaal vir ontploffing
  • Sertifiserings informasie
  • Oor Digitale Regtebestuur
  • Copyrights and other notices
  • Online safety

Useful Links

PDFSoftware UpdatesFull SpecificationsEnvironmental Profile

Countries and Languages

As we offer product user guides in many languages across different regions, you may be redirected to a Nokia phones web page outside of your selected location.

Countries and Languages

Choose Language

Contact the support team

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Start chat

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Fields marked with an asterisk are mandatory.

Your personal data will be processed according to HMD Global’s Privacy Policy and the HMD Support Supplement.

Email us

Tell us about your problem and we'll get back to you via email.

Contact us

Care centers

Prefer to bring your device in for our experts to have a look at? Find the location of your nearest Nokia & HMD phones, tablets and accessories care center.

Find a care center near you