Nokia 3.1-gebruikersgids

Skip to main content
All Devices

Nokia 3.1

Berging

Om te kyk hoeveel geheue jy beskikbaar het, tik op Instellings > Berging.

Kontroleer jou foon se beskikbare geheue

As die foon se geheue vol raak, kontroleer eers vir dinge wat jy nie meer nodig het nie en verwyder dit:

  • SMS'e, MMS'e en e-posse
  • Kontakte en kontak-inligting
  • Programme
  • Musiek, foto's of video's

In plaas daarvan om die lêers te verwyder, kan jy dit ook na die geheuekaart skuif.

Die gehalte van jou geheuekaart kan die werking van jou foon dalk aansienlik affekteer. Om jou foon ten volle te benut, gebruik 'n vinnige kaart van 4-128 GB van 'n bekende vervaardiger.

Gebruik slegs versoenbare geheuekaarte wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur is. Onversoenbare kaarte kan dalk die kaart en die toestel beskadig, en kan data op die kaart korrupteer.

Om te kontroleer hoeveel geheue jy oor het en hoe dit gebruik word, tik op Instellings > Berging.

Skuif programme na 'n geheuekaart

Jy kan jou foon se geheue met ’n geheuekaart vergroot.1

  1. Tik op Instellings > Toepassings en kennisgewings > Toepassingsinligting.
  2. Tik op die toepassingnaam en dan op Berging.
  3. Onder Spasie gebruik, tik op Verander en kies die berging vir die toepassing.

Jy kan die toepassings later van die geheuekaart na jou foon terugskuif.

Die tipe geheuekaart kan dalk affekteer hoe lank dit neem om groot lêers na die kaart te skuif.

Verwyder afgelaaide toepassings

Tik op Play Store > menu > My toepassings en speletjies, kies ’n toepassing wat jy wil verwyder, en tik op DEÏNSTALLEER.

Deaktiveer ’n toepassing

Jy kan sommige toepassings wat vooraf op jou toestel geïnstalleer is, nie uitvee nie. Jy kan hulle egter deaktiveer en dan sal hulle nie op jou toestel se toepassinglys verskyn nie. As jy ’n toepassing deaktiveer, kan jy dit weer op jou toestel terugvoeg.

  1. Tik op Instellings > Toepassings en kennisgewings.
  2. Tik op Toepassingsinligting.
  3. Tik op die toepassingnaam.
  4. Tik op DEAKTIVEER. Jy sal dalk nie alle toepassings kan deaktiveer nie.

Indien daar ’n geïnstalleerde toepassing is wat van ’n verwyderde toepassing gebruik maak, kan die geïnstalleerde toepassing dalk ophou werk. Lees die geïnstalleerde toepassing se gebruikerdokumentasie vir meer inligting.

Voeg die gedeaktiveerde toepassing terug

Jy kan ’n gedeaktiveerde toepassing weer op die toepassingslys terugvoeg.

  1. Tik op Instellings > Toepassings en kennisgewings.
  2. Tik op Toepassingsinligting.
  3. Tik op Alle toepassings > Gedeaktiveerde toepassings.
  4. Tik op die toepassingnaam.
  5. Tik op AKTIVEER.

Kopieer inhoud tussen jou foon en rekenaar

Jy kan foto's, video's en ander inhoud wat deur jou geskep is tussen jou foon en rekenaar kopieer om dit te wys of te stoor.

  1. Koppel jou foon aan 'n versoenbare rekenaar met 'n versoenbare USB-kabel.
  2. Maak 'n lêerlysprogram op jou rekenaar oop en blaai na jou foon.
  3. Sleep-en-los items van jou foon na die rekenaar, of van jou rekenaar na die foon.

Maak seker jy plaas die lêers in die regte vouers op jou foon, anders sal jy dit dalk nie kan sien nie.

Did you find this helpful?
  • Hou jou foon opgedateer
  • Knoppies en dele
  • Sit die SIM- en geheuekaart in of haal dit uit
  • Skakel jou foon aan en stel dit op
  • Dubbel-SIM-instellings
  • Sluit of ontsluit jou foon
  • Gebruik die aanraakskerm
  • Laai jou foon
Sagteware-opdaterings en -rugsteune
  • Dateer jou foon se sagteware op
  • Rugsteun jou data
  • Laai oorspronklike instellings terug en verwyder privaatinhoud van jou foon af.
  • Berging

Useful Links

PDFSoftware Updates

Countries and Languages

As we offer product user guides in many languages across different regions, you may be redirected to a Nokia phones web page outside of your selected location.

Countries and Languages

Choose Language

Contact the support team

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Start chat

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Fields marked with an asterisk are mandatory.

Your personal data will be processed according to HMD Global’s Privacy Policy and the HMD Support Supplement.

Email us

Tell us about your problem and we'll get back to you via email.

Contact us

Care centers

Prefer to bring your device in for our experts to have a look at? Find the location of your nearest Nokia & HMD phones, tablets and accessories care center.

Find a care center near you