Nokia 9 Pureview-gebruikergids

Skip to main content
All Devices

Nokia 9 PureView

Battery- en laaier-inligting

Battery- en laaier-inligting

Om te kyk of jou foon 'n battery het wat jy kan uithaal, raadpleeg die "Om te begin"-gids.

Toestelle met 'n battery wat kan uithaal Gebruik jou toestel slegs met 'n oorspronklike herlaaibare battery. Die battery kan honderde kere gelaai of ontlaai laat word, maar dit sal uiteindelik ingee. Wanneer jy agterkom die praat- en bystaan-tye raak merkbaar korter as normaal, vervang die battery.

Toestelle met 'n battery wat nie kan uithaal nie Moenie probeer om die battery uit te haal nie, want jy kan dalk die toestel beskadig. Die battery kan honderde kere gelaai of ontlaai laat word, maar dit sal uiteindelik ingee. Wanneer jy agterkom die praat- en bystaan-tye raak merkbaar korter as normaal, neem die toestel na die naaste gemagtigde diensfasiliteit om die battery te vervang.

Laai jou toestel met 'n versoenbare laaier. Die soort prop van die laaier kan wissel. Laaityd kan wissel, afhangend van toestelkapasiteit.

Battery- en laaier-veiligheidsinligting

Wanneer jou toestel klaar gelaai is, moet jy die laaier uit die toestel en elektriese uitlaatpunt ontprop. Let asseblief dat die toestel nie vir langer as 12 uur aanhoudend gelaai moet word nie. As 'n volgelaaide battery ongebruik gelaat word, kan dit mettertyd pap raak.

Uiterste temperature verminder die battery se kapasiteit en leeftyd. Hou altyd die battery tussen 15 °C en 25 °C (59 °F en 77 °F) vir optimale werking. 'n Toestel met 'n warm of koue battery kan dalk tydelik nie werk nie. Let wel dat die battery dalk vinnig in koue temperature kan leegloop en genoeg krag kan verloor om die foon binne minute af te skakel. Hou jou foon warm, wanneer jy buite in koue temperature is.

Kom plaaslike regulasies na. Herwin indien moontlik. Moenie dit as huishoudelike afval weggooi nie.

Moenie die battery blootstel aan buitengewone lae lugdruk of dit aan buitengewone hoë temperatuur nie, dit byvoorbeeld in die vuur gooi, want dit kan veroorsaak dat die battery kan ontplof of brandbare vloeistof of gas kan lek.

Moenie die battery uitmekaarhaal, sny, platdruk, buig, 'n gat daarin steek of dit op enige ander manier beskadig nie. As 'n battery lek, moenie dat die vloeistof op jou vel of in jou oë kom nie. As dit gebeur, spoel die aangetaste dele onmiddellik met water, of verkry mediese hulp. Moenie die battery probeer aanpas, vreemde voorwerpe daarin probeer steek, of dit in water of ander vloeistowwe dompel of daaraan blootstel nie. Batterye kan dalk ontplof as dit beskadig.

Gebruik die battery en laaier slegs vir hul beoogde doeleindes. Onbehoorlike gebruik, of om niegoedgekeurde of onversoenbare batterye of laaiers te gebruik, kan moontlik lei tot brand, ontploffing of ander gevaar, en kan dalk enige goedkeuring of waarborg ongeldig maak. As jy vermoed die battery of laaier is beskadig, neem dit na 'n dienssentrum of jou foon se handelaar voordat jy dit verder gebruik. Moet nooit 'n beskadigde battery of laaier gebruik nie. Gebruik die laaier slegs binnenshuis. Moenie jou toestel tydens 'n donderstorm laai nie. Wanneer die laaier nie ingesluit is in die verkooppak nie, laai u toestel met die gebruik van die datakabel (ingesluit) en 'n USB-kragadapter (mag apart verkoop word). U kan u toestel laai met kabesl en kragadapters van derdepartye wat voldoen aan USB 2.0 of later voldoen en toepaslike landsregulasies, internasionale en streeksveiligheide standaarde. Ander adapters voldoen miskien nie aan toepaslike veiligheidstandaarde nie en laai met sulke adapters kan 'n risiko van eiendom verlies of persoonlike besering inhou.

Om 'n laaier of bykomstigheid te ontprop, hou en trek die prop, nie die kabel nie.

Die volgende dinge geld ook indien jou toestel 'n battery het wat kan uithaal:

  • Skakel altyd die toestel af en ontprop die laaier voordat jy die battery uithaal.
  • 'n Kortsluiting kan dalk voorkom indien 'n metaalagtige voorwerp aan die metaalstroke op die battery raak. Dit kan dalk die battery of die ander voorwerp beskadig.
Did you find this helpful?
  • Hou jou foon opgedateer
  • Knoppies en dele
  • Sit die SIM-kaart in of haal dit uit
  • Herlaai jou foon
  • Skakel jou foon aan en stel dit op
  • Dubbel-SIM-instellings
  • Opsteling van vingerafdruk-ID
  • Sluit of ontsluit jou foon
  • Gebruik die aanraakskerm
Produk- en veiligheidsinligting
  • Vir jou veiligheid
  • Netwerkdienste en -koste
  • Noodoproepe
  • Sien om na jou toestel
  • Herwin
  • Deurgehaalde wieldrom-simbool
  • Battery- en laaier-inligting
  • Klein kinders
  • Mediese toestelle
  • Geïmplanteerde mediese toestelle
  • Gehoor
  • Beskerm jou toestel teen skadelike inhoud
  • Voertuie
  • Plekke met potensiaal vir ontploffing
  • Nat of stowwerige toestande
  • Sertifiseringsinligting (SAR)
  • Oor Digitale Regtebestuur
  • Kopiereg en kennisgewings

Useful Links

PDFSoftware UpdatesFull SpecificationsEnvironmental Profile

Countries and Languages

As we offer product user guides in many languages across different regions, you may be redirected to a Nokia phones web page outside of your selected location.

Countries and Languages

Choose Language

Contact the support team

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Start chat

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Fields marked with an asterisk are mandatory.

Your personal data will be processed according to HMD Global’s Privacy Policy and the HMD Support Supplement.

Email us

Tell us about your problem and we'll get back to you via email.

Contact us

Care centers

Prefer to bring your device in for our experts to have a look at? Find the location of your nearest Nokia & HMD phones, tablets and accessories care center.

Find a care center near you