Nokia G20-gebruikersgids

Skip to main content
All Devices

Nokia G20

Toegangskodes

Vind uit waarvoor die verskillende kodes op jou foon is.

PIN- of PIN2-kode

PIN- of PIN2-kodes het 4 – 8 syfers.

Hierdie kodes beskerm jou SIM-kaart teen ongemagtigde gebruik, of word vereis om sekere funksies te gebruik. Jy kan jou foon stel om vir die PIN-kode te vra wanneer jy dit aanskakel.

As jy die kodes vergeet het, of hulle nie saam met jou kaart gekom het nie, kontak jou netwerkdiensverskaffer.

As jy die kode drie keer na mekaar verkeerd invoer, moet jy die kode met die PUK- of PUK2-kode deblokkeer.

PUK- of PUK2-kodes

PUK- of PUK2-kodes word vereis om 'n PIN- of PIN2-kode te deblokkeer.

As die kodes nie saam met jou SIM-kaart gekom het nie, kontak jou netwerkdiensverskaffer.

Slotkode

Slotkode is ook bekend as sekuriteitskode of wagwoord.

Die slotkode help om jou foon teen ongemagtigde gebruik te beskerm. Jy kan jou foon stel om vir die slotkode te vra wat jy opstel. Hou die kode geheim en op 'n veilige plek, weg van jou foon.

Indien jy die kode vergeet, en jou foon gesluit word, het jou foon versiening nodig. Dit kan dalk ekstra geld kos, en alle persoonlike data op jou foon kan dalk uitgevee word. Vir meer inligting, kontak die naaste gemagtigde diensfasiliteit vir jou foon of jou foonhandelaar.

IMEI-kode

Die IMEI-kode word gebruik om fone op die netwerk te identifiseer. Jy sal ook moontlik die nommer aan jou gemagtigde diensfasiliteit of foonhandelaar moet gee. Om jou IMEI-kode te sien:

  • bel *#06#
  • tik die oorspronklike verkoops-boksie

Indien die IMEI kode op jou foon gedruk is, mag jy dit byvoorbeeld vind op die SIM-skinkbord of onder die agterste klappie, indien die foon 'n verwyderbare agterkant het.

Spoor jou foon op of ontsluit dit

As jy jou foon verloor, sal jy dit dalk van ’n afstand af kan opspoor, sluit of uitvee as jy by ’n Google-rekening ingeteken is. Die "Vind my toestel"-instelling is by verstek aangeskakel op fone met ’n Google-rekening.

Om "Vind my toestel" te gebruik, moet jou verlore foon:

  • Aangeskakel wees
  • By ’n Google-rekening ingeteken wees
  • Aaan mobiele data of Wi-Fi verbind wees
  • Sigbaar wees op Google Play
  • Ligging moet aangeskakel wees
  • "Vind my toestel" moet aangeskakel wees

Wanneer "Vind my toestel" met jou foon verbind, sien jy die foon se ligging en die foon kry ’n kennisgewing.

  1. Maak android.com/find op ’n rekenaar, tablet of foon wat aan die internet verbind is oop, en teken in by jou Google-rekening.
  2. As jy meer as een foon het, klik op die verlore foon aan die bokant van die skerm.
  3. Sien op die kaart waar die foon ongeveer is. Die ligging is ’n skatting, en is dalk nie heeltemal akkuraat nie.

As jy nie jou toestel kan opspoor nie, sal "Vind my toestel" die laaste aangetekende ligging wys, indien beskikbaar. ‭Om jou foon te sluit of skoon te vee, volg die instruksies op die webtuiste.

Did you find this helpful?
  • Hou jou foon opgedateer
  • Knoppies en dele
  • Voer die SIM- en geheuekaart in
  • Herlaai jou foon
  • Skakel jou foon aan en stel dit op
  • Dubbel-SIM-instellings
  • Sluit of ontsluit jou foon
  • Gebruik die aanraakskerm
Beskerm jou foon
  • Beskerm jou foon met 'n skermslot
  • Beskerm jou foon met jou vingerafdruk
  • Beskerm jou foon met jou gesig
  • Verander jou SIM-PIN-kode
  • Toegangskodes

Useful Links

PDFSoftware UpdatesFull SpecificationsEnvironmental Profile

Countries and Languages

As we offer product user guides in many languages across different regions, you may be redirected to a Nokia phones web page outside of your selected location.

Countries and Languages

Choose Language

Contact the support team

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Start chat

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Fields marked with an asterisk are mandatory.

Your personal data will be processed according to HMD Global’s Privacy Policy and the HMD Support Supplement.

Email us

Tell us about your problem and we'll get back to you via email.

Contact us

Care centers

Prefer to bring your device in for our experts to have a look at? Find the location of your nearest Nokia & HMD phones, tablets and accessories care center.

Find a care center near you