Nokia XR21-gebruikersgids

Skip to main content
All Devices

Nokia XR21

Sertifiserings informasie

FCC-inligting oor blootstelling aan RF

Hierdie mobiele toestel voldoen aan die riglyne van blootstelling aan radiogolwe soos dit uiteengesit is deur die VSA se Federale kommunikasiekommissie (FCC). Verwys na die volgende.

Jou mobiele toestel is ’n radiosender en -ontvanger. Dit is ontwerp en vervaardig om nie die emissieperke te oorskry wat betref blootstelling aan radiofrekwensie-energie (RF) wat deur die regering in die VSA se Federale kommunikasiekommissie daargestel is nie. Die riglyne is gegrond op standaarde wat deur onafhanklike wetenskaplike organisasies deur middel van periodieke en deeglike evaluering van wetenskaplike studies ontwikkel is. Die standaarde sluit in ’n beduidende veiligheidsmarge wat ontwerp is om die veiligheid van alle mense, ongeag ouderdom en gesondheid, te verseker. Die blootstellingstandaard vir koordlose mobiele toestelle maak gebruik van ’n maateenheid wat as die spesifieke absorpsiekoers, oftewel SAR, bekendstaan. Die SAR-perk wat deur die FCC daargestel is, is 1,6 W/kg. Die toetse word vir elke model uitgevoer in posisies en op plekke (bv. die oor, en teen die liggaam gedra) soos dit deur die FCC vereis word. Die gebruik van gordelklemme, holsters en soortgelyke bykomstighede moenie metaalkomponente hê wanneer dit aanmekaar gesit word nie. Die gebruik van bykomstighede wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie, voldoen moontlik nie aan die FCC se RF-blootstellingvereistes nie, en moet vermy word. Die FCC het toerustingmagtiging vir hierdie model mobiele toestel toegestaan en alle aangemelde SAR-vlakke is geëvalueer dat dit aan die FCC se RF-emissieriglyne voldoen het. Bykomende inligting oor spesifieke absorpsiekoerse (SAR) is te vinde op die FCC-webwerf by www.fcc.gov/general/radio-frequency-safety-0. Om data of boodskappe te stuur, word ’n goeie netwerkverbinding vereis. Dinge kan dalk nie dadelik gestuur word totdat sodanige verbinding beskikbaar is nie. Volg die skeidingsafstand-aanwysings totdat die toestel klaar gestuur het. Tydens algemene gebruik is die SAR-waardes gewoonlik ver onder die waardes wat hier bo genoem word. Dit is omdat die gebruikskrag van jou selfoon ter wille van stelseldoeltreffendheid en verminderde steuring op die netwerk outomaties verlaat wanneer volle krag nie vir die oproep nodig is nie. Hoe laer die kraguitset, hoe laer is die SAR-waarde. Toestelmodelle kan dalk verskillende weergawes hê en kan dalk meer as een waarde hê. Komponent- en ontwerpveranderinge kan dalk mettertyd voorkom, en sekere veranderings kan dalk ’n uitwerking op die SAR-waardes hê. Vir meer inligting, gaan na www.sar-tick.com. Let op dat mobiele toestelle dalk data kan oordra selfs al maak jy nie ’n stemoproep nie. Jou mobiele toestel is ook ontwerp om aan die riglyne van die Verenigde State van Amerika se Federale kommunikasiekommissie (FCC) te voldoen. FCC-graderings vir jou toestel, en meer inligting oor SAR is beskikbaar by http://transition.fcc.gov/oet/rfsafety/sar.html. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dui huidige wetenskaplike inligting nie daarop dat spesiale voorsorgmaatreëls tydens die gebruik van mobiele toestelle geneem hoef word nie. Indien jy graag jou blootstelling wil verminder, beveel hulle aan dat jy jou gebruik beperk, of 'n handevry-stel gebruik om die toestel ver van jou lyf en kop te hou. Vir meer inligting oor, en verduidelikings van en besprekings oor RF-blootstelling, besoek die WGO se webwerf by https://www.who.int/health-topics/electromagnetic-fields#tab=tab_1.

FCC-kennisgewing

Die toestel moet aan afdeling 15 van die FCC-reëls voldoen. Gebruik is onderworpe aan die volgende twee voorwaardes: (1) Hierdie toestel kan nie skadelike interferensie veroorsaak nie, en (2) hierdie toestel moet enige interferensie wat ontvang is aanvaar, insluitend interferensie wat moontlik ongewenste gebruik kan veroorsaak. Vir meer inligting, gaan na www.fcc.gov/engineering-technology/electromagnetic-compatibility-division/radio-frequency-safety/faq/rf-safety. Enige veranderinge of modifikasies wat nie uitdruklik deur HMD Global goedgekeur is nie, kan die gebruiker se reg om hierdie toerusting te gebruik, nietig verklaar. Let wel: Hierdie toerusting is getoets en daar is gevind dat dit aan die beperkings vir ’n Klas B-digitale toestel voldoen, soos aangedui in afdeling 15 van die FCC-reëls. Hierdie beperkings is ontwerp om redelike beskerming te bied teen skadelike interferensie in ’n residensiële installasie. Hierdie toerusting genereer, gebruik en kan radiofrekwensie-energie uitstraal, en as dit nie geïnstalleer is en gebruik word volgens instruksies nie, kan dit skadelike interferensie aan radiokommunikasie veroorsaak. Daar is egter geen waarborg dat interferensie nie sal voorkom in ’n spesifieke installasie nie. As hierdie toerusting wel skadelike interferensie aan radio- of televisieontvangs veroorsaak, wat bepaal kan word deur die toerusting af en aan te skakel, word die gebruiker aangemoedig om die interferensie reg te stel deur een of meer van die volgende maatreëls te volg:

  • Verander die rigting of ligging van die ontvangende antenna.
  • Vergroot die skeiding tussen die toerusting en ontvanger.
  • Koppel die toerusting aan ’n kragpunt op ’n ander stroombaan as dié waaraan die ontvanger gekoppel is.
  • Raadpleeg die handelaar of ’n radio-/TV-tegnikus vir hulp.

Hierdie mobiele toestel voldoen aan riglyne vir blootstelling aan radiogolwe.

Jou mobiele toestel is 'n radiosender en -ontvanger. Dit is só ontwerp dat dit nie die limiete vir blootstelling aan radiogolwe (radiofrekwensie elektromagnetiese velde) sal oorskry wat deur internasionale riglyne van die onafhanklike wetenskaplike organisasie ICNIRP aanbeveel word nie. Hierdie riglyne bevat aansienlike veiligheidsmarges wat probeer verseker dat alle mense beskerm word ongeag hul ouderdom en gesondheid. Die blootstellingsriglyne is gegrond op die spesifieke absorpsiekoers (SAR), dit is 'n uitdrukking van hoeveel radiofrekwensie (RF) krag na die kop of liggaam oorgedra word wanneer die toestel seine oordra. ICNIRP se SAR-limiet vir mobiele toestelle is 2,0 W/kg gemiddeld oor 10 gram weefsel.

SAR-toetse word uitgevoer terwyl die toestel in posisies gehou word waarin dit gewoonlik gebruik sal word, terwyl dit seine in al sy frekwensiebande teen sy hoogste gesertifiseerde kragvlak oordra.

Hierdie toestel voldoen aan RF-blootstellingsriglyne wanneer dit teen die kop gebruik word of wanneer dit ten minste 1,5 cm (5/8 duim) van die liggaam af geposisioneer word. As jy die toestel in 'n tassie, gordelknip of ander soort houer wat aan jou lyf gedra word, sit, moet dit nie metaal bevat nie en moet dit ten minste die bogenoemde afstand van die liggaam af gehou word.

Om data of boodskappe te stuur, word 'n goeie netwerkverbinding vereis. Dinge kan dalk nie dadelik gestuur word totdat sodanige verbinding beskikbaar is nie. Volg die skeidingsafstand-aanwysings totdat die toestel klaar gestuur het.

Tydens algemene gebruik is die SAR-waardes gewoonlik ver onder die waardes wat hier bo genoem word. Dit is omdat die gebruikskrag van jou selfoon ter wille van stelseldoeltreffendheid en om steuring op die netwerk te minimaliseer, outomaties verminder word wanneer volle krag nie vir die oproep nodig is nie. Hoe laer die kraguitset, hoe laer is die SAR-waarde.

Toestelmodelle kan dalk verskillende weergawes hê en kan dalk meer as een waarde hê. Komponent- en ontwerpveranderinge kan dalk mettertyd voorkom, en sekere veranderings kan dalk ’n uitwerking op die SAR-waardes hê.

Vir meer inligting, gaan na www.sar-tick.com. Let op dat mobiele toestelle dalk data kan oordra selfs al maak jy nie 'n stemoproep nie.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dui huidige wetenskaplike inligting nie daarop dat spesiale voorsorgmaatreëls tydens die gebruik van mobiele toestelle geneem hoef word nie. Indien jy graag jou blootstelling wil verminder, beveel hulle aan dat jy jou gebruik beperk, of 'n handevry-stel gebruik om die toestel ver van jou lyf en kop te hou. Vir meer inligting oor, en verduidelikings van en besprekings oor RF-blootstelling, besoek die WGO se webwerf by www.who.int/health-topics/electromagnetic-fields#tab=tab_1.

Verwys asseblief na www.hmd.com/sar vir die toestel se maksimum SAR-waarde.

Did you find this helpful?
  • Hou jou foon opgedateer
  • Sleutels en onderdele
  • Plaas die SIM-kaarte in
  • Herlaai jou foon
  • Skakel aan en stel jou foon op
  • Gebruik die aanraakskerm
  • Gebruik jou eSIM
Produk- en veiligheidsinligting
  • Vir jou veiligheid
  • Netwerkdienste en -koste
  • Noodoproepe
  • Sien om na jou toestel
  • Herwin
  • Deurgehaalde wieldrom-simbool
  • Battery- en laaier-inligting
  • Klein kinders
  • Mediese toestelle
  • Geïmplanteerde mediese toestelle
  • Gehoor
  • Beskerm jou toestel teen skadelike inhoud
  • Voertuie
  • Plekke met potensiaal vir ontploffing
  • Sertifiserings informasie
  • Oor Digitale Regtebestuur
  • Kopiereg en ander kennisgewings

Useful Links

PDFSoftware UpdatesFull SpecificationsEnvironmental Profile

Countries and Languages

As we offer product user guides in many languages across different regions, you may be redirected to a Nokia phones web page outside of your selected location.

Countries and Languages

Choose Language

Contact the support team

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Start chat

Chat with us

Before starting chat with our customer support, please leave your contact details. Contact our chat support for online purchases support, product information, warranty support.

Fields marked with an asterisk are mandatory.

Your personal data will be processed according to HMD Global’s Privacy Policy and the HMD Support Supplement.

Email us

Tell us about your problem and we'll get back to you via email.

Contact us

Care centers

Prefer to bring your device in for our experts to have a look at? Find the location of your nearest Nokia & HMD phones, tablets and accessories care center.

Find a care center near you