Google Play
Jou Android-foon kom tot sy volle reg met Google Play – daar is toepassings, musiek, flieks en boeke beskikbaar vir jou vermaak.
Voeg 'n Google-rekening by jou foon
- Tik op Instellings > Rekeninge > Voeg rekening by > Google. As jy gevra word, bevestig jou toestel se sluitmetode.
- Voer jou Google-rekening se aanmeldinligting in, en tik op Volgende, of, om ʼn nuwe rekening te skep, tik op Skep ʼn rekening.
- Volg die instruksies op jou foon.
Laai toepassings af
Ontsluit jou foon se potensiaal – daar wag duisende toepassings in die Google Play Winkel om jou hiermee te help.1
- Tik op Play Winkel.
- Tik op die soekbalk om vir toepassings te soek, of kies toepassings uit jou aanbevelings.
- In die toepassingbeskrywing, tik op INSTALLEER om die toepassing af te laai en te installeer.
Om jou toepassings te sien, gaan na die tuisskerm en vee opwaarts vanaf die onderkant van die skerm.
Dateer toepassings op
Dateer jou Play Winkel-toepassings op vir al die nuutste funksies en foutregstellings.
- Tik op Play Winkel > menu > My toepassings en speletjies om beskikbare opdaterings te sien.
- Tik op die toepassing waarvoor daar ʼn opdatering beskikbaar is, en tik dan op DATEER OP.
Jy kan ook alle toepassings tegelyk opdateer. In My toepassings en speletjies, tik op DATEER ALLES OP.
Verwyder afgelaaide toepassings
Tik op Play Store > menu > My toepassings en speletjies, kies ’n toepassing wat jy wil verwyder, en tik op DEÏNSTALLEER.
Kry musiek, flieks of boeke met Google Play
Met Google Play kry jy toegang kry tot liedjies, flieks en boeke.
Tik Musiek, Flieks, of Boeke om meer te wete te kom.